Die Beste Onderrig Sagteware in Suid Afrika wat help dat enige kind sy fondasie kan vaslê en verbeter in wiskunde en taal. Tweetalig, CAPS gebasseer en perfek vir Graad 1 – 7.
Kry alles ingesluit hieronder teen ‘n bekostigbare jaarlikse prys.
Die Math Zone Sisteem Bied Die Volgende
GRATIS Ingesluit
Graad 1-7 Spelprogram wat jou Kind help deur Visuele en Ouditiewe Speloefeninge, help om Woordeskat te bevorder sowel as hul Spel vaardigheid en Lees! Drukbare Werksvelle help jou Kind om skryfvaardighede te bevorder en vaslegging van woorde.
GRATIS Ingesluit
GRATIS Ingesluit
Genereer Unieke Werksvelle met bypassende Memo’s om in-oefening te doen van Wiskunde probleme. In-oefening help met vaslegging van nuut geleerde konsepte. Merk vraestelle met bypassende Memo om ‘n perfekte slaanhou in te oefen!
GRATIS Ingesluit
‘n Pragtige en Praktiese Bundel met unieke Werksvelle gegenereer deur die Sisteem, met bypassende Memo’s sodat u Kind dadelik daarmee kan begin! Druk en liaseer in ‘n Flip-file vir herhaaldelik gebruik, veral met die gebruik van ‘n Witbordmerker (Grondslagfase – 450 bladsye)
*Intermediêre Fase beskikbaar in toekomstige opgraderings*
GRATIS Ingesluit
Laat my toe om myself bekend te stel. My naam is Tiekie Papenfus en ek is die Besturende Direkteur van ‘n klein Opvoedkunge Sagteware Besigheid wat spesialiseer in Laerskool Kinders se Sillabus. Hendré en myself het ‘n suksesvolle loopbaan in verkope en sagteware ontwikkeling verlaat en besluit, om na jare se ondervinding met bekendstellings van sagteware en Juffrouens se kosbare insigte, ons eie reeks te skep wat juis hierdie kosbare idees en insigte sou weerspieël.
Ons is self ouers en het óók gesukkel met ons Kinders se huiswerk wat baie frustrerend was. Ons het ook gesien dat die druk wat ons toepas negatief in ons Kinders gereflekteer het en het eintlik die teenoorgestelde effek gehad! Ek sal nooit die lang nagte met Graad 4 se wiskunde vergeet nie, eenvoudige konsepte wat eintlik nie vasgelê was vanaf Grondslagfase nie het ons lelik ingehaal en die nare gevolge het ons in Graad 4 beleef. Dit het net na ‘n eindelose stryd gelyk en opgee was beslis op die horison.
Ek onthou die trane en die effek op hulle selfbeeld, die vrees van Wiskunde huiswerk het stelselmatig opgebou elke middag na skool. Dit het my HART GEBREEK!
Ek was op! Moeg vir die frustrasie. Die gevoel dat ek nie my Kind kan help nie. Ek het besluit dat ek en Hendré ons koppe bymekaar sal sit en beide ons ondervinding sal gebruik, waar ék met Grondslagfase Juffrouens gewerk het en hý met Ouers, om ‘n sagtware program te ontwikkel waar Kinders sonder vrees en angstigheid en teen hul eie tempo van leervermoë ‘n program sal ontwikkel wat Lekker-leer-tye tot gevolg sal hê. ‘n Program wat Ouers ook die gemoedsrus sou gee dat hulle Kinders in goeie hande is.
Na talle ontmoetings met Prinsipale, Hoof van Departemente en Remediërende Juffrouens het ek besef dat ‘n Opvoedkundige Sagteware program ‘n “lewendige” sisteem moet wees wat Kinders stelselmatig vat van Punt A tot Punt B.
En so is die maatskappy Math Zone gebore. Ons het talle ure spandeer met die ontwikkeling van die Sisteem vir Suid-Afrikaanse Kinders en Skole. Die reis was opwindend en die terugvoer vanaf Onderwysers was verblydend positief! Ek sou dit nie anders kon voorstel nie, dit was juis húlle kosbare Idees en Voorstelle wat ek ingebou het in die Reeks.
Vandag is dit amper 10 jaar later en ek is so dankbaar dat ons Sisteem al diep spore getrap het in meer as 5672 gesinne. Hierdie Kinders se lewens sal vir altyd verander as gevolg van die pad wat ons gestap het. Die beste deel van hierdie reis is die dankbaarheid in Ouers se stemme na hulle Kinders se Wiskunde punte en Spel (en Lees) uitslae verbetering getoon het!
Gelukkige Ouers Reg Oor Suid Afrika
En vele meer…
Ons is hier om joú te help sodat jy joú Kind kan help!
Dit is nie nodig om ‘n vrees te hê vir aanlyn aankope nie! Ek wil jou graag gerus stel deur om die proses te verduidelik nadat jy jou aankope gedoen het. Ons betalingsportuur is 100% veilig en betroubaar en jou informasie word nie aan 3de partye voorsien nie. Ons voldoen 100% aan die POPI wetgewing (Protection of Personal Information).
Hier is die stappe wat outomaties gebeur sodra jou aankope deur is:
Ja, die Sisteem is ontwikkel in Suid-Afrika vir Suid-Afrikaanse Kinders in samewerking met talle GSF Departsmentshoofde landswyd.
Nee.
Die Sisteem is ontwikkel vir Rekenaars en Skootrekenaars. Die hoofrede is vir konsentrasie. Die Logiese kant van die brein, wat geoefen moet word om te konsentreer, funksioneer beter wanneer toestelle in die dieselfde spasie gebruik word. Ongelukkig is Tablette en fone kweekskole vir ADHD.
Ja en Nee.
Op ‘n MAC rekenaar kan die Sisteem slegs werk indien die rekenaar beskik oor ‘n “dual partition” waarop die Windows Bedryfstelsel geἲnstalleer is.
Nee.
Een Sisteem kan tot 4 Kinders se profiele hanteer.
Met hierdie aanbod kry jy 2 kanse om te registreer en kan dan 2 rekenaars ten volle toerus. Dit vergemaklik gebruik sodat hulle in die “Huiswerk-tyd” hullle Math Zone gelyktydig kan gebruik.
Ons maak seker om by te bly met sillabusveranderinge, die nuutste tegnologie in terme van bedryfstelsels.
Ja, ons het!
Maandeliks per debietorder met ‘n minimum van R199 oor 12 maande
Ons Sisteem is ten volle tweetalig in Afrikaans en Engels. Perfek vir “blended families”.
Ons beskerm graag ons Intellektuele Eiendom. Indien u van plan is om ‘n nuwe rekenaar aan te skaf, maak asseblief kontak met Support@Mathzone.co.za sodat ons kan bystaan met die de-aktivering sodat u die Sisteem op ‘n nuwe rekenaar kan installeer.
U Lisensie is geldig vir 1 jaar. U rekenaar sal nie die lisensie weggooi of verloor nie, maar hernuwing jaarliks is nodig vir sagteware en sillabus opgraderings.
Opgraderings is ingesluit saam die jaarlikse fooi.
Math Zone is 100% oortuig dat ons Sisteem jou Kinders die voorsprong sal gee in Wiskunde en Spel en ons is trots om die volgende te waarborg.
‘n 10-30% verbetering in Kinders se Wiskunde en Spel resultate binne 90 dae indien die Sisteem van Maandag – Donderdag vir ten minste 15-30 minute per dag gebruik word(afhangend van hul graad en oefening). Met die indiening van hul Raportafdeling en geen vordering nie, word u geld 100% terugbetaal!
Math Zone is 100% oortuig dat ons Sisteem jou Kinders die voorsprong sal gee in Wiskunde en Spel en ons is trots om die volgende te waarborg.
‘n 10-30% verbetering in Kinders se Wiskunde en Spel resultate binne 90 dae indien die Sisteem van Maandag – Donderdag vir ten minste 15-30 minute per dag gebruik word(afhangend van hul graad en oefening). Met die indiening van hul Raportafdeling en geen vordering nie, word u geld 100% terugbetaal!
betaal R1999 dadelik
betaal R199 pm vir 12 maande
betaal R4999 dadelik
betaal R499 pm vir 12 maande